Dreamland Aqua Park 15 November 2008

Op 15 November 2008 het 47 jeuglidmate, jeugleiers en ouers van die Afrikaanse Gemeentes Jebel Ali (Dubai), Sharjah, Al Ain en Abu Dhabi by Dreamland Aqua Park in Umm Al Quwain gaan baljaar. Dit was 'n dag vol pret, plesier en gesonde pret as kinders van God. Geniet die fotos!

Hannes

Jebel Ali Leeus, Vrydag 12 September 2008

Goeiedag!

Die Jebel Ali Leeus het Vrydag, 12 September weer begin met die 'Dare to be a Daniel' reeks. Ons het laasjaar halfpad gevorder en beoog om die reeks hierdie jaar te voltooi. Soos voorheen bespreek is die materiaal uit Amerika verkry. Dit is ontwikkel deur 'Billy Graham Ministries'.

Prys die Here want die Leeutrop het tot 18 aangegroei! Ons is 'n groot sterk groep hierdie jaar! Baie van die Leeus was laasjaar by die Arende (11-13 jaar). Baie welkom aan al die nuwe Leeus!

Ons het Vrydag les 8 van 'Dare to be a Daniel' behandel. Die les het gehandel oor 'idols'. Spesifiek het ons gekyk na hoe Daniel se vriende Sadrag, Mesag en Abednego nie geswig het onder die bevel om voor die goue beeld te buig nie selfs met die vooruitsig van 'n brandende vuuroond dood. Hulle het onwrikbaar op God vertrou in lewe en in dood!

Ons gesprek het gewend na vas. Deesdae is daar so baie 'idole' wat ons tyd met God verminder en verhinder. Kos kan so 'n 'afgod' wordf, dan praat ons nog nie eers van gebed voor etes om God te dank vir ons kos en Sy seen daaroor uit te spreek nie. Die groep het toe besluit om Maandag of Dinsdag te vas. Ons het ook groepe van twee opgestel wat vir mekaar moet bid gedurende die vas.

Die Leeus is uitgenooi om hul ervaringe hier te deel deur op die 'Comment' skakel hieronder te kliek.

Persoonlik het my vas baie goed gegaan. Ek was bykans heeldag buite in die son. Die duiwel het 'n klomp jaagduiwels op my pad gestuur oppad werk toe en dinge by die werk ook vir my probeer moeilik maak. Tog kon ek op God fokus en heeldagdeur kort-kort tot Hom bid. Vas is baie vervullend.

Ek hoop en bid dat julle dit positief beleef het. As julle nie die vrymoedigheid het om hier te 'Comment' nie, vertel asseblief Vrydag vir Denis van jul ervaringe.

Denis bied Vrydag les 9 aan.

Liefdegroete in Jesus Christus,

Hannes

Jebel Ali Leeus Somerprogram 15 Augustus 08

Seënwense in Jesus Heilig Naam!

Vrydag 15 Augustus 2008 het die Jebel Ali Leeus Genesis 37 tot 41 hanteer wat handel oor Josef. Die geskiedenis van Josef is die laaste les in die reeks 'Walk Through the Bible' wat ons hierdie somer hanteer het.

Dit is merkwaardig hoe God vir Josef opgerig het op Sy beplande tyd. Josef was 'n buitestaander in sy eie gesin wat deur sy broers verwerp, in 'n put gegooi en verkoop is, vals beskuldig is in Egipte en vir twee jaar a.g.v. die vals beskuldiging en omdat die skinker gerieflik van hom vergeet het in die tronk gesit het. Hierna het God hom opgerig tot tweede in bevel in Egipte.

Soms voel ons alleen of uitgesonder maar God berei ons voor om ons op te rig op Sy bestemde tyd. God het 'n plan met elkeen van ons. Ons voel dalk afgesonder maar ons is geheilig deur Jesus bloed. God se doel met ons lewens was in Sy Boek opgeteken lank voor ons geboorte.

Die Leeus moes hierdie naweek die Ou Testamentiese Bybelboeke en die eerste 10 Nuwe Testament Bybelboeke ken.

Volgende naweek hersien ons al die lesse van die somerprogram en gaan ons poog om al die Bybelboeke in volgorde te ken. Op Vrydag 29 Augustus vind die Bybelvasvra plaas met groot pryse vir die wengroep asook individuele pryse.

'n Datum om nou al in jul dagboeke aan te teken is Saterdag 25 Oktober 08. Johan Smit kom met ons jeug gesels. Dit beloof om 'n lewensveranderende ervaring te wees. Ek het Vrydag vir die Leeus gevra om my te kontak met onderwerpe waaroor hulle graag meer wil weet. Moet asseblief nie die 25ste Oktober misloop nie, ek gaan nie!

Groete in Christus!

Hannes

Jebel Ali Leeus, Vrydag 16 en 23 Mei 2008

Seëngroete in die Naam van Jesus Christus!

Op Vrydag 16 Mei 2008 het die Jebel Ali Leeus les 6 van Dare to be a Daniel gedoen. Die goeie nuus is dat ons die boeke van Amerika af ontvang het! Ons het die boeke vir die jeug uitgedeel en die materiaal kan nou optimaal aangewend word. Ek sal dus nie die lesse hier opsom nie behalwe om 'n beskrywing te gee van die uitdaging wat elke week aan die Leeus gestel word. Slegte nuus is daar nie! Prys die Here!

Die Leeus se opdrag was om hulself biddend tot beskikking van die Here te stel sodat Hy hulle kan lei om die Blye Boodskap van Jesus met ander mense te deel. Die opdrag was om hul ervaringe uit gebed en wat daarop gevolg het aan te teken. Selfs al het hulle nie met enigiemand gesels nie wil ek graag hê dat hulle met my en mekaar sal deel hoe hulle daaroor voel en wat hulle tydens gebed beleef het.

Op Vrydag 23 Mei 2008 het ek les 7 voorberei gehad maar ons kon nie die saal kry waar ons gewoonlik die les aanbied nie. Die Here werk op maniere wat ons nie verstaan nie! Ek was dus in die diens gewees en buiten vir die feit dat ek as diaken bevestig is het ek geweldig baat by die erediens gevind (soos gewoonlik).

Die Leeus se opdrag vir die twee weke is dus om te bid dat God hul sal gebruik om Sy getuies te wees. Hulle moet dan hul ervaringe neerskryf. As ek iets neergeskryf sien hetsy dit net 'n opgawe van gebede is, kry die Leeus 'n lekkerny!

Hierdie Vrydag, 30 Mei is dit Nagmaal en het die Leeus nie les nie maar ek wil nogsteeds hul terugvoer ontvang.

Groete in Christus Jesus,

Hannes

Pinkster boekmerke, 9 Mei 2008

Die Jebel Ali jeug van die Afrikaanse Gemeente in Dubai het die afgelope naweek boekmerkies gemaak met verskillende teksverse daarop.

Die Here is so getrou en het die aktiwiteit vir ons beplan tot op die laaste minuut! Ons sou willekeurige verse uit die Bybel gebruik het maar net voor die erediens begin het bring Ds. Gert vir ons armbande wat van Mosselbaai in Suid-Afrika af kom. Die armbande is in 4 kleure opgedeel met die volgende verse daarop:

Swart: Romeine 3:23

Rooi: Johannes 3:16

Wit: Hebreers 12:14

Groen: Efesiers 4:15

Die jeug wat hul Bybels saamgebring het het elkeen 'n armbandjie gekry en selfs die wat nie hul Bybels saamgebring het nie het later gekry.

Hulle het toe die versies op die armbandjies op hul boekmerkies oorgedra, dit versier en vir ons gegee om hierdie week gelamineer te word. Die boekmerkies sal volgende naweek uitgestal word en aan die jeug terugbesorg word.

Die betekenis van die armbandjies is aan die jeug verduidelik. Lees gerus die verse hierbo en kyk of jy die kleur met die vers kan vergelyk en so die betekenis van die bandjies agterkom. Indien jy nie weet wat dit beteken nie, laat my weet en ek sal vir jou verduidelik!

Seengroete in Christus Jesus ons Redder!

Hannes

Jebel Ali jeug, Dreamland Waterpark April 2008

Pinksterboekmerkies Jebel Ali Jeug, 9 Mei 2008

Jebel Ali Leeus - Dare to be a Daniel, 11 April 2008

Groete in die Naam van Jesus Christus!

Die Jebel Ali Leeus het hierdie naweek les 4 van die 'Dare to be a Daniel' reeks behandel. Voordat ek verder gaan met die lesbespreking verwelkom ons die volgende Leeus in die trop:

Frank (14 jaar en word 15 in Augustus)
Henry (14 jaar en word 15 in Augustus)
Johan Bezuidenhout
Tanya Bezuidenhout

Julle is heeltemal korrek as julle gewonder het of Frank en Henry dalk 'n tweeling is! Baie welkom aan die nuwe troplede. Ons wens is dat julle seën in die groep sal ervaar en dat julle ook die passie vir God sal uitleef soos Daniël dit gedoen het. Julle medetroplede wat hierdie naweek aanwesig was is:

Dale Patterson
Amori du Plessis
Dezi Viljoen
Marjori Fourie
Charve Mostert (Sy het kom kuier uit Doha, Qatar!)
Roelof Oosthuizen
Okkie Oosthuizen
Stefan Ferreira

Les vier se titel is 'Pray and Read God's Word'. Die Bybelgedeelte is: Daniël 6:1-28.
Die sleutelkonsep om te onthou is die volgende: "God will help you be His witness as you spend time with Him through prayer and reading His Word".

Die volgende Bybelgedeeltes verduidelik die rede hoekom ons moet bid en God se Woord moet bestudeer:
Psalm 1:1-6
Daniël 9:2
Hebreërs (Hebrews) 4:12
2 Timoteus 3:16-17 (2 Timothy)
Spreuke 3:5-6 (Proverbs)

Julle word uitgenooi om op die skakel hieronder te kliek en te 'Comment' uit eie ervaring op die volgende vrae wat betrekking het op die bostaande teksgedeeltes:
  1. What are the 'lions' you face? What are the consequences of you standing up for your faith? Write your own story of your personal "lions' den" experience.
  2. What makes it worth it to you to stand up for your faith? How does God show Himself to be powerful when you stand up for Him?
  3. How are you like the person described in Psalm 1? Name three ways you'd like to be more like the person in the psalm.
  4. In what ways do these verses let you know that God wants to be involved in your life?
  5. Why do you think these verses put so much emphasis on God's Word? What difference does the Word make in your life right now? In light of these verses, what difference do you think the Word could make in your life? Explain.

Die geheuevers vir hierdie week is Romeine 6:23: "For the wages of sin is death, but the gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord".

Hierdie week se 'Heroes of the faith' is Heather Mercer en Dayna Curry wat in Afghanistan gevange gehou was. Gaan lees gerus verder by http://www.cnn.com/CNN/Programs/people/shows/curry.mercer/profile.html oor hul wedervaringe en hoe God hul getrouheid beloon het.

Ons het almal 'n roeping as God se kinders in Sy Koninkryk, net soos Jesaja 61:1: "The Spirit of the sovereign Lord is on me, because the Lord has anointed me to preach good news to the poor, He has sent me to bind up the brokenhearted, to proclaim freedom for the captives and release from darkness for the prisoners."

Die uitdaging aan die Leeus hierdie week is om werklik die tyd te spandeer wat hulle voorgeneem het om met God in gebed en die bestudering van Sy Woord te bestudeer. Ek wil ook graag hoor hoe julle gebed met behulp van joernaalinskrywings ('journalling') ervaar het.

Laastens kan julle gerus by die volgende adres inskakel: www.daretobeadaniel.com/daniellog. Stuur vir my 'n epos by hannesvisser@gmail.com om die wagwoord te kry! Dit is 'n skakel wat jou met 'journaling' help!

Volgende Vrydag is ek en Blommie in Oman. Marius Bredell gaan les 5 hanteer met die titel: "Pray and Be Prepared to Be Used by God".

Ek bid julle seën toe in die Naam van Jesus Christus, onthou "The Spirit of the sovereign Lord is on you!",

Hannes

Water, kamera, aksie!

Soos julle kan sien is dit weer tyd vir 'n goeie nat pret aksie!

Ons jeuglidmaters word uitgenooi om hierdie jaar se wateraksie na Umm Al Quwain Aquapark mee te maak.

Kyk gerus uit by hierdie naweek se diens vir die uitnodigingsblaaidjie en vrywaringsvorm.

Waneer? Saterdag 12 April
Waar? Dreamland Aquapark—Umm Al Quwain
Wat? Pret, son en samesyn as kinders van God!
Wie? Jeuglidmate 10 jaar en ouer
Koste? AED 100 per persoon (toegang, middagete en vervoer ingesluit)

Busvervoer word verskaf vanaf en terug na Christ Church Jebel Ali en Mirdif Spinneys.
Bus tye: Christ Church - vertrek 9:00 en arriveer 17:00. Mirdif Sprinneys - vertrek 9:30 en arriveer 16:30.

Persone moet asb 10 minute voor vertrektye aanmeld. Geen persoon sal op die bus toegelaat word sonder ‘n vrywaringsvorm.

Wat om saam te bring? Swemklere, handoek, sonskerm, sakgeld vir versnapperinge, hoed en ’n glimlag!

Vir meer inligting kontak Blommie Visser: 050 509 6041 / jdjordaan@gmail.com

Jeugkamp, 21-23 Februarie 2008 Go Daniel!

"Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander..". Daniël 2:20,21.



Ek dank God vir Sy voorsiening en oneindige sorg. Mens dink alles is gereël, dan reël God die res. Toe ek Donderdagmiddag by die kampterrein kom toe is 'n derde van die tente waarin ons sou slaap platgewaai. Dit was koud en daar was nie 'n manier dat ons die jeug in die tente sou kon laat slaap het nie. Die gebou op die kampterrein het 'n paar kamers waarin die jeug toe geslaap het, seuns in hul eie kamer en twee kamers vir die dogters. Geen probleem!


Ons het kos aangekoop vir 40 jeugkampers en 26 volwassenes. Nadat ons die kos aangekoop het het daar nog 15 kampers bevestig. Ons het ingestem dat hul moet saam kom kamp en vertrou dat God sal sorg. Ons het elke ete genoeg kos gehad en het nog 'n klomp onvoorbereide kos oor. Skakel gerus vir kospa Pieter van Heerden by 050 9487796 vir afslagpryse op kampkruideniersware.


Ek is seker die jeug het al terugrapporteer oor die kamp. Die jeugleiers het dit baie geniet. Ons het veral die jeug se passie in hul lofprysing waardeer. Ons het omtrent die Sharjah Scout Mission se dak gelig met " 'n Christen weet nie van verloor af nie.." op die wysie van die Bloubullied. Ons gemeente is werklik geseën met 'n pragtige jeuggroep met 'n sterk karakter.


Baie dankie aan alle ouers wat moeite gedoen het om hul kinders by die kamp te bring. Ek kon sien hoe die Heilige Gees in al die harte op die kamp gewerk het. Die kamptema was natuurlik Go Daniel! Ek weet verseker dat elke kind iets van die kamp saamgeneem het, met die hulp van die Heilige Gees, om vir God 'n Daniël te wees.



Ons sien reeds uit na volgende jaar se jeugkamp!



Seëngroete,



Hannes en die Kampspan