Jebel Ali Leeus Somerprogram 15 Augustus 08

Seënwense in Jesus Heilig Naam!

Vrydag 15 Augustus 2008 het die Jebel Ali Leeus Genesis 37 tot 41 hanteer wat handel oor Josef. Die geskiedenis van Josef is die laaste les in die reeks 'Walk Through the Bible' wat ons hierdie somer hanteer het.

Dit is merkwaardig hoe God vir Josef opgerig het op Sy beplande tyd. Josef was 'n buitestaander in sy eie gesin wat deur sy broers verwerp, in 'n put gegooi en verkoop is, vals beskuldig is in Egipte en vir twee jaar a.g.v. die vals beskuldiging en omdat die skinker gerieflik van hom vergeet het in die tronk gesit het. Hierna het God hom opgerig tot tweede in bevel in Egipte.

Soms voel ons alleen of uitgesonder maar God berei ons voor om ons op te rig op Sy bestemde tyd. God het 'n plan met elkeen van ons. Ons voel dalk afgesonder maar ons is geheilig deur Jesus bloed. God se doel met ons lewens was in Sy Boek opgeteken lank voor ons geboorte.

Die Leeus moes hierdie naweek die Ou Testamentiese Bybelboeke en die eerste 10 Nuwe Testament Bybelboeke ken.

Volgende naweek hersien ons al die lesse van die somerprogram en gaan ons poog om al die Bybelboeke in volgorde te ken. Op Vrydag 29 Augustus vind die Bybelvasvra plaas met groot pryse vir die wengroep asook individuele pryse.

'n Datum om nou al in jul dagboeke aan te teken is Saterdag 25 Oktober 08. Johan Smit kom met ons jeug gesels. Dit beloof om 'n lewensveranderende ervaring te wees. Ek het Vrydag vir die Leeus gevra om my te kontak met onderwerpe waaroor hulle graag meer wil weet. Moet asseblief nie die 25ste Oktober misloop nie, ek gaan nie!

Groete in Christus!

Hannes

No comments: