"Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander..". Daniël 2:20,21.
Ek dank God vir Sy voorsiening en oneindige sorg. Mens dink alles is gereël, dan reël God die res. Toe ek Donderdagmiddag by die kampterrein kom toe is 'n derde van die tente waarin ons sou slaap platgewaai. Dit was koud en daar was nie 'n manier dat ons die jeug in die tente sou kon laat slaap het nie. Die gebou op die kampterrein het 'n paar kamers waarin die jeug toe geslaap het, seuns in hul eie kamer en twee kamers vir die dogters. Geen probleem!
Ons het kos aangekoop vir 40 jeugkampers en 26 volwassenes. Nadat ons die kos aangekoop het het daar nog 15 kampers bevestig. Ons het ingestem dat hul moet saam kom kamp en vertrou dat God sal sorg. Ons het elke ete genoeg kos gehad en het nog 'n klomp onvoorbereide kos oor. Skakel gerus vir kospa Pieter van Heerden by 050 9487796 vir afslagpryse op kampkruideniersware.
Ek is seker die jeug het al terugrapporteer oor die kamp. Die jeugleiers het dit baie geniet. Ons het veral die jeug se passie in hul lofprysing waardeer. Ons het omtrent die Sharjah Scout Mission se dak gelig met " 'n Christen weet nie van verloor af nie.." op die wysie van die Bloubullied. Ons gemeente is werklik geseën met 'n pragtige jeuggroep met 'n sterk karakter.
Baie dankie aan alle ouers wat moeite gedoen het om hul kinders by die kamp te bring. Ek kon sien hoe die Heilige Gees in al die harte op die kamp gewerk het. Die kamptema was natuurlik Go Daniel! Ek weet verseker dat elke kind iets van die kamp saamgeneem het, met die hulp van die Heilige Gees, om vir God 'n Daniël te wees.
Ons sien reeds uit na volgende jaar se jeugkamp!
Seëngroete,
Hannes en die Kampspan
1 comment:
Dankie vir puik reelings mbt tot die kamp Hannes en Blommie. As julle op ons blok loer, daar is heelwat foto's wat afgelaai kan word. Ek's ook besig om dit alles en nog meer in 'n album te sit waar dit maklik afgelaai kan word.
Post a Comment