Pinkster boekmerke, 9 Mei 2008

Die Jebel Ali jeug van die Afrikaanse Gemeente in Dubai het die afgelope naweek boekmerkies gemaak met verskillende teksverse daarop.

Die Here is so getrou en het die aktiwiteit vir ons beplan tot op die laaste minuut! Ons sou willekeurige verse uit die Bybel gebruik het maar net voor die erediens begin het bring Ds. Gert vir ons armbande wat van Mosselbaai in Suid-Afrika af kom. Die armbande is in 4 kleure opgedeel met die volgende verse daarop:

Swart: Romeine 3:23

Rooi: Johannes 3:16

Wit: Hebreers 12:14

Groen: Efesiers 4:15

Die jeug wat hul Bybels saamgebring het het elkeen 'n armbandjie gekry en selfs die wat nie hul Bybels saamgebring het nie het later gekry.

Hulle het toe die versies op die armbandjies op hul boekmerkies oorgedra, dit versier en vir ons gegee om hierdie week gelamineer te word. Die boekmerkies sal volgende naweek uitgestal word en aan die jeug terugbesorg word.

Die betekenis van die armbandjies is aan die jeug verduidelik. Lees gerus die verse hierbo en kyk of jy die kleur met die vers kan vergelyk en so die betekenis van die bandjies agterkom. Indien jy nie weet wat dit beteken nie, laat my weet en ek sal vir jou verduidelik!

Seengroete in Christus Jesus ons Redder!

Hannes

No comments: