Ons Kersboom

Ek het Vrydagoggend bietjie by die Dubai bedieningspunt gaan kuier vir hulle kersles en deel graag die les en foto's met julle.

Page3

Oom Denis begin met die boodskap van Jesaja 9:5 "Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee, Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors."

Page2

Terwyl ons klein elfie (Jeandre) in die kerspak ook luister, hoor ons hoe belangrik ons name is wat ons ouers vir ons gegee het, en wat God se Name beteken.

Page4

Die maats kry dan geleentheid om 'n kort gebedjie op 'n kersbal te skryf en daar word hard gedink en gekonsentreer.

Page5

Daarna word die balletjies op die Kersboom gehang.

5

Hier is 'n paar van die maats saam met tannie Lene by die boom.

Page6

Page7

Daar word vir elke kind 'n geskenkie gegee.

Page8

Die maats is baie in hulle skik met wat hulle oopmaak.

8

Dankie oom Denis vir 'n besonderse les, tannie Lene vir die aankoop van die skenkies. Dankie al die Dubai maats vir die lekker kuier saam met julle.

Daar is tans 5 ouderdom groepies by Jebel Ali Jeug.

Dit word opgedeel soos volg: Swaeltjies (3-5 jaar)
Ribokkies (6-7 jaar)
Perde (8-10 jaar)
Arende ( 11-13 jaar)
Leeus ( 14+)

Die persone wat by elkeen van die groepies betrokke is lyk soos volg:

Swaeltjies: Izette Vorster, Marina Rautenbach, Trish Minnaar, Lize Bredelle
Ribokkies: Nadine Barnard, Lirene Burger, Karen Le Roux, Donne Venter
Perde: Andre, Linda Engelbrecht
Arende: Lene Green
Leeus: Denis Green

Ons wil net aan elkeen van hulle baie dankie se vir hulle hulp en liefde vir die kinders. Ons hoop om die jaar wat voorle baie pret te he.

Die tieners hou braaivleis

Die blog van die Dubai bedieningspunt is weer op en aan die gang. Ons sal poog om baie gereeld terugvoer en inligting te gee oor wat by ons gebeur..... Verlede week het die tieners van Dubai 'n bietjie op die strand gaan kuier. Saam met Denis, hulle leier was daar so 12 tieners teenwoordig. Daar is geswem, tougetrek en lekker saamgekuier. Die jongmense ... en oom lyk dit vir my het dit baie geniet.

Dreamland Aqua Park 15 November 2008

Op 15 November 2008 het 47 jeuglidmate, jeugleiers en ouers van die Afrikaanse Gemeentes Jebel Ali (Dubai), Sharjah, Al Ain en Abu Dhabi by Dreamland Aqua Park in Umm Al Quwain gaan baljaar. Dit was 'n dag vol pret, plesier en gesonde pret as kinders van God. Geniet die fotos!

Hannes

Jebel Ali Leeus, Vrydag 12 September 2008

Goeiedag!

Die Jebel Ali Leeus het Vrydag, 12 September weer begin met die 'Dare to be a Daniel' reeks. Ons het laasjaar halfpad gevorder en beoog om die reeks hierdie jaar te voltooi. Soos voorheen bespreek is die materiaal uit Amerika verkry. Dit is ontwikkel deur 'Billy Graham Ministries'.

Prys die Here want die Leeutrop het tot 18 aangegroei! Ons is 'n groot sterk groep hierdie jaar! Baie van die Leeus was laasjaar by die Arende (11-13 jaar). Baie welkom aan al die nuwe Leeus!

Ons het Vrydag les 8 van 'Dare to be a Daniel' behandel. Die les het gehandel oor 'idols'. Spesifiek het ons gekyk na hoe Daniel se vriende Sadrag, Mesag en Abednego nie geswig het onder die bevel om voor die goue beeld te buig nie selfs met die vooruitsig van 'n brandende vuuroond dood. Hulle het onwrikbaar op God vertrou in lewe en in dood!

Ons gesprek het gewend na vas. Deesdae is daar so baie 'idole' wat ons tyd met God verminder en verhinder. Kos kan so 'n 'afgod' wordf, dan praat ons nog nie eers van gebed voor etes om God te dank vir ons kos en Sy seen daaroor uit te spreek nie. Die groep het toe besluit om Maandag of Dinsdag te vas. Ons het ook groepe van twee opgestel wat vir mekaar moet bid gedurende die vas.

Die Leeus is uitgenooi om hul ervaringe hier te deel deur op die 'Comment' skakel hieronder te kliek.

Persoonlik het my vas baie goed gegaan. Ek was bykans heeldag buite in die son. Die duiwel het 'n klomp jaagduiwels op my pad gestuur oppad werk toe en dinge by die werk ook vir my probeer moeilik maak. Tog kon ek op God fokus en heeldagdeur kort-kort tot Hom bid. Vas is baie vervullend.

Ek hoop en bid dat julle dit positief beleef het. As julle nie die vrymoedigheid het om hier te 'Comment' nie, vertel asseblief Vrydag vir Denis van jul ervaringe.

Denis bied Vrydag les 9 aan.

Liefdegroete in Jesus Christus,

Hannes

Jebel Ali Leeus Somerprogram 15 Augustus 08

Seënwense in Jesus Heilig Naam!

Vrydag 15 Augustus 2008 het die Jebel Ali Leeus Genesis 37 tot 41 hanteer wat handel oor Josef. Die geskiedenis van Josef is die laaste les in die reeks 'Walk Through the Bible' wat ons hierdie somer hanteer het.

Dit is merkwaardig hoe God vir Josef opgerig het op Sy beplande tyd. Josef was 'n buitestaander in sy eie gesin wat deur sy broers verwerp, in 'n put gegooi en verkoop is, vals beskuldig is in Egipte en vir twee jaar a.g.v. die vals beskuldiging en omdat die skinker gerieflik van hom vergeet het in die tronk gesit het. Hierna het God hom opgerig tot tweede in bevel in Egipte.

Soms voel ons alleen of uitgesonder maar God berei ons voor om ons op te rig op Sy bestemde tyd. God het 'n plan met elkeen van ons. Ons voel dalk afgesonder maar ons is geheilig deur Jesus bloed. God se doel met ons lewens was in Sy Boek opgeteken lank voor ons geboorte.

Die Leeus moes hierdie naweek die Ou Testamentiese Bybelboeke en die eerste 10 Nuwe Testament Bybelboeke ken.

Volgende naweek hersien ons al die lesse van die somerprogram en gaan ons poog om al die Bybelboeke in volgorde te ken. Op Vrydag 29 Augustus vind die Bybelvasvra plaas met groot pryse vir die wengroep asook individuele pryse.

'n Datum om nou al in jul dagboeke aan te teken is Saterdag 25 Oktober 08. Johan Smit kom met ons jeug gesels. Dit beloof om 'n lewensveranderende ervaring te wees. Ek het Vrydag vir die Leeus gevra om my te kontak met onderwerpe waaroor hulle graag meer wil weet. Moet asseblief nie die 25ste Oktober misloop nie, ek gaan nie!

Groete in Christus!

Hannes

Jebel Ali Leeus, Vrydag 16 en 23 Mei 2008

Seëngroete in die Naam van Jesus Christus!

Op Vrydag 16 Mei 2008 het die Jebel Ali Leeus les 6 van Dare to be a Daniel gedoen. Die goeie nuus is dat ons die boeke van Amerika af ontvang het! Ons het die boeke vir die jeug uitgedeel en die materiaal kan nou optimaal aangewend word. Ek sal dus nie die lesse hier opsom nie behalwe om 'n beskrywing te gee van die uitdaging wat elke week aan die Leeus gestel word. Slegte nuus is daar nie! Prys die Here!

Die Leeus se opdrag was om hulself biddend tot beskikking van die Here te stel sodat Hy hulle kan lei om die Blye Boodskap van Jesus met ander mense te deel. Die opdrag was om hul ervaringe uit gebed en wat daarop gevolg het aan te teken. Selfs al het hulle nie met enigiemand gesels nie wil ek graag hê dat hulle met my en mekaar sal deel hoe hulle daaroor voel en wat hulle tydens gebed beleef het.

Op Vrydag 23 Mei 2008 het ek les 7 voorberei gehad maar ons kon nie die saal kry waar ons gewoonlik die les aanbied nie. Die Here werk op maniere wat ons nie verstaan nie! Ek was dus in die diens gewees en buiten vir die feit dat ek as diaken bevestig is het ek geweldig baat by die erediens gevind (soos gewoonlik).

Die Leeus se opdrag vir die twee weke is dus om te bid dat God hul sal gebruik om Sy getuies te wees. Hulle moet dan hul ervaringe neerskryf. As ek iets neergeskryf sien hetsy dit net 'n opgawe van gebede is, kry die Leeus 'n lekkerny!

Hierdie Vrydag, 30 Mei is dit Nagmaal en het die Leeus nie les nie maar ek wil nogsteeds hul terugvoer ontvang.

Groete in Christus Jesus,

Hannes