Jebel Ali Leeus, Vrydag 12 September 2008

Goeiedag!

Die Jebel Ali Leeus het Vrydag, 12 September weer begin met die 'Dare to be a Daniel' reeks. Ons het laasjaar halfpad gevorder en beoog om die reeks hierdie jaar te voltooi. Soos voorheen bespreek is die materiaal uit Amerika verkry. Dit is ontwikkel deur 'Billy Graham Ministries'.

Prys die Here want die Leeutrop het tot 18 aangegroei! Ons is 'n groot sterk groep hierdie jaar! Baie van die Leeus was laasjaar by die Arende (11-13 jaar). Baie welkom aan al die nuwe Leeus!

Ons het Vrydag les 8 van 'Dare to be a Daniel' behandel. Die les het gehandel oor 'idols'. Spesifiek het ons gekyk na hoe Daniel se vriende Sadrag, Mesag en Abednego nie geswig het onder die bevel om voor die goue beeld te buig nie selfs met die vooruitsig van 'n brandende vuuroond dood. Hulle het onwrikbaar op God vertrou in lewe en in dood!

Ons gesprek het gewend na vas. Deesdae is daar so baie 'idole' wat ons tyd met God verminder en verhinder. Kos kan so 'n 'afgod' wordf, dan praat ons nog nie eers van gebed voor etes om God te dank vir ons kos en Sy seen daaroor uit te spreek nie. Die groep het toe besluit om Maandag of Dinsdag te vas. Ons het ook groepe van twee opgestel wat vir mekaar moet bid gedurende die vas.

Die Leeus is uitgenooi om hul ervaringe hier te deel deur op die 'Comment' skakel hieronder te kliek.

Persoonlik het my vas baie goed gegaan. Ek was bykans heeldag buite in die son. Die duiwel het 'n klomp jaagduiwels op my pad gestuur oppad werk toe en dinge by die werk ook vir my probeer moeilik maak. Tog kon ek op God fokus en heeldagdeur kort-kort tot Hom bid. Vas is baie vervullend.

Ek hoop en bid dat julle dit positief beleef het. As julle nie die vrymoedigheid het om hier te 'Comment' nie, vertel asseblief Vrydag vir Denis van jul ervaringe.

Denis bied Vrydag les 9 aan.

Liefdegroete in Jesus Christus,

Hannes